Groen rewolusie

Toenemende gebruik van tegnologie soos plaagdoders, onkruiddoders en kunsmis sowel as nuwe gewasse word aangewend om globale voedselproduksie te verhoog.

Die groen rewolusie was 'n tydperk in die geskiedenis van boerdery toe daar probeer is om die landbou sodanig te verbeter dat hongersnood uitgewis sou word. Die term "groen rewolusie" word al sedert die laat jare 1960 gebruik en verwys na pogings om die opbrengste van oeste te verbeter deur die gebruik van die wetenskap en tegnologie. Opbrengste is verbeter deur die gebruik van nuwe oeskultivars, besproeiing, kunsmis, onkruiddoders, en meganisasie.

Dit is 'n "groen rewolusie" genoem omdat dit 'n beplande en gekonsentreerde poging was om binne 'n kort tydperk die probleem van voedseltekorte in die wêreld op te los. Dit is hoofsaaklik deur die Rockefeller en Ford-stigtings gelei, en talle ontwikkelende lande het daaraan deelgeneem in die hoop dat miljoene honger mense daardeur gevoed sou kon word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search